2 maande gelede
Wakker pa vat nie nonsens
tragedie gekeer: Sakkiesbaai, waar die voorval gebeur het.Foto: KEITH MEYER  ~ 

LADISMITH. – ’n Wakker pappa se vreeslose optrede het hier ’n moontlike tragedie voorkom.

Son weerhou die naam van die pa om die minderjarige laerskoolmeisie te beskerm.

Die pa vertel: “My meisiekind en die enetjie wat onlangs so wreed verkrag is, het saam gespeel.

“Toe kom sê sy daar is ’n oom wat hulle pla. Ek het dadelik die jong – ’n Rasta van die Kaap – gaan verjaag en gewaarsku.”

Die ander meisie is twee maande gelede wreed verkrag toe ’n ouballie haar in die woonbuurt Sakkiesbaai met ’n R10 van die huis gelok het.

Volgens die pa is hy toe self later winkel toe.

Die kind gaan sê toe vir haar pa die jong het hulle gejaag.

“Sy was vreesbevange. Toe was ek heeltemal beneuks. Dis toe dat ek die polisie laat kom.

Getart

“Hulle het die jong gevang en polisiestasie toe gevat.”

Hy vertel daar het hulle vingerafdrukke en foto’s gevat en gesê hulle gaan kyk of hy enige sake teen hom het. Hulle het hom agterna laat gaan.

Die pa sê dit was asof die jong mal was of hom getart het, want die Rasta het nie die kind uitgelos nie.

Toe bars alle hel los. Gemeenskapslede het op die verdagte toegesak en hom goed gemoer.

’n Inwoner sê: “Daai bliksem beter hom wegvat uit dié plek uit. Hy is nie safe nie.

“Nooit weer sal ’n kind van Sakkiesbaai of Nissenville gerape word nie.

“As die polisie te stadig is, dan sal die gemeenskapspolisiemag self die reg toepas.”

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê: “Daar is nie ’n formele klag gemaak nie, maar die betrokke persoon is wel gewaarsku om nie sug­gestiewe aanmerkings te maak nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters