11 dae gelede
Vroue roskam jong pruikdief
TARGET: ’n Vermeende tikkop wat ’n meisie se duur Brasiliaanse pruik wou steel, het hom lelik vasgeloop.  ~ Foto ter illustrasie: Netwerk24

PLETTENBERGBAAI. – ’n Vermeende tikkop (21) het sy rieme styfgeloop toe hy ’n vrou van haar duur pruik wou beroof.

Die tjoeffer het die pruik onlangs buite ’n smokkie in die woonbuurt KwaNokuthula van die vrou se kop af gegaps.

Minute ná sy waaghalsige poging het ’n groep vroue die ou egter gecorner terwyl die duur bos Brasiliaanse hare nog by sy jacket-sak uitgesteek het.

Die wannabe-dief is toe op die grond neergepen en met skoenhakke bygekom.

Beular Jontile (37) sê sy was op pad om ’n vriendin te ontmoet toe die ou haar nader en haar pruik van haar kop afruk.

Aanskou

Jontile sê die ou het haar met ’n mes genader en sonder ’n woord die weave van haar kop afgeruk.

“Ek het agter hom aangehardloop, gevolg deur ’n groep vroue wat die hele affêre aanskou het.

“Die ou het probeer terugbaklei, maar nog vroue het hulle by ons aangesluit.

“Ek wou hy hare hê voordat hy dit verkoop, want ek het meer as R1 000 vir daai hare betaal en hy sou dit cheap-cheap vir drugs verkoop.”

’n Plaaslike hairdresser, Sylvia Dambo, sê baie vroue word in die somermaande van hul hare beroof.

“Druggies weet watter soort pruike om voor uit te kyk en selfs waar om vir hierdie pruike te gaan soek,” verduidelik Dambo.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters