2 maande gelede
Vrou voel kliniek drop haar
ONTEVREDE: Sonja Kamoetie is nie baie happy nie.  ~ Keith Meyer

VIR Sonja Kamoetie is die lewe net ’n opdraande stryd.

Kamoetie van Calitzdorp vertel: “Eers verloor ek my baba op sewe maande. Die dag van 23 September 2016 was my seerste dag.

“Ek is nie eens seker wat in die hospitaal met my baba gebeur het nie. Nou het ek ’n nierprobleem ontwikkel.

“Mense vat my mos nie kop toe nie. Dis mos maar net ou Sonja, maar ek het ook ’n sagte kant. Ek is ’n vrou wat geluk met haar kinders soek. Genadiglik het ek weer swanger geraak. Op 23 April 2018 is ek die geluk gegee om ’n baba in my arms vas te hou.”

Sonja voel egter die kliniek het haar daarna gedrop.

“Hulle gee my nie regte behandeling nie en neem nie tyd met my klagtes nie. Ek sukkel nou al vir drie maande met vloeiing. Kyk hoe geswel is my maag. Dis kliphard.

Versoek

“Wat moet ek doen? Ek word behandeling geweier. Is dit omdat ek gekla het oor die behandeling en die vrae wat ek oor my sewemaande-kind het?” wil sy weet.

Nadia Ferreira, ’n gesondheidswoordvoerder, het by navraag gesê: “Behandeling is nie geweier nie, maar ons versoek haar om met die kliniek in verbinding te tree sodat ons haar onbeantwoorde vrae kan beantwoord.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters