3 maande gelede
Vrou erg geslaan: Ou sit 8 j.
verlam: Natasha Mei saam met familie voor die Oudtshoorn-landdroshof.Foto: garnett wicomb  ~ 

’N MAN van Oudtshoorn wat sy saamleefmaat so erg aangerand het dat sy nou in ’n rolstoel is, is tronkstraf van ag jaar opgelê.

Enver Campher (38) het tereggestaan op ’n klag van poging tot moord op die 34-jarige Natasha Mei, die ma van een van sy kinders. Hy is egter deur streeklanddros Retha Pretorius skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Die voorval het in 2017 plaasgevind.

Lyfband

Die landdros het in vonnisoplegging gesê dit blyk dat hy nie die opset gehad het om Mei dood te maak nie.

Hy is egter, luidens sy eie getuienis verantwoordelik vir haar beserings. Sy kan nou feitlik niks vir haarself doen nie.

Campher het aanvanklik getuig dat hy Mei drie keer met ’n lyfband in die gesig geslaan en in haar sy geskop het, maar het later die lyfband-slanery ontken.

Vertroue

Hy het sy vorige saamleefmaat ook wreed aangerand en toe redelik lig daarvan afgekom.

Verder toon hy geen berou oor sy dade nie.

Die staatsaanklaer, Willem Vister, het vir ’n vonnis van minstens vyf jaar gevra omdat direkte gevangenisstraf die enigste gepaste vonnis sal wees en die gemeenskap se vertroue in die howe sal versterk.

“Dat iemand sy saamleefmaat so kan aanrand, gaan my verstand te bowe. Dis regtig harteloos.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters