3 maande gelede
Vóél as jy dan nie wil hoor
 ~ 

‘N MAN (26) van De Rust is in die Oudtshoorn-streekhof tot 21 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Dis nadat hy skuldig bevind is aan poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer en roof.

Jacques Snyman het Brolene Damons, wat die ma van een van sy kinders is, op 1 November 2017 met ’n mes gesteek.

Snyman het Nicole Sass, by wie hy ook ’n kind het, op 29 September verlede jaar met ’n baksteen gegooi en haar geklap en geskop.

Daardie selfde dag het hy ’n niggie van hom, Sharifa Swartbooi, van R1 000 beroof.

Die staatsaanklaer, Hyron Goulding, het gevra die vonnisse moet ’n duidelike boodskap uitstuur dat geweld teen vroue nie geduld word nie.

Snyman het boonop reeds sewe­ vorige veroordelings agter sy naam.

Hy het onskuldig gepleit op ál drie klagte, maar streeklanddros Ntsoki Moni het sy getuienis verwerp.

Sy het Snyman ag jaar gevangenisstraf opgelê vir poging tot moord, ag jaar vir aanranding met die doel om ernstig te beseer en vyf jaar vir roof.

Hy sal die straf vir aanranding en roof gelyk­lopend uitdien.

Dít beteken dat Snyman effektief 16 jaar lank ’n gas in die government hotel sal wees.

Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters