2 jaar gelede
Vlamme verteer als van gesin van 4
In ligte laaie: Inwoners staan almal nader nadat die brand uitbreek.Foto: CLIVE PRETORIUS  ~ 

HEIDELBERG. – ’n Gesin het Woensdag alles in ’n oogknip verloor toe ’n brand hul wendyhuis verteer het.

Die Galant-egpaar, Louise en haar man, Adam, en hul twee kinders, Cameron (20) en Bronwin (13), het by Gwen Pietersen, haar ouer suster, in ’n vierkamerhuisie in die agterplaas gebly.

Die brand het net ná middagete uitgebreek kort nadat Cameron, wat werkloos is, mobile­ toe gegaan het.

Iemand het angstig geskree hul huis brand.

“Toe ek in die huis kom, was daar reeds vlamme by die kragboks. Binne sekondes was die hele huis onder vlamme,” vertel hy.

Van die bure het kom help om Pietersen se huis leeg te maak net ingeval die brand na die huis sou versprei.

Al die ruite aan die agterkant van die groot huis het weens die hitte gebars.

Die brandweer, ambulans en cops was op die toneel om te probeer red wat hulle kon. Dit was tevergeefs.

Louise was by die werk.

Die ergste is dat die sit- en slaapkamerstel nog nuut was en net ’n paar weke gelede gekoop is.

Hulle het hul voertuig van die brand weggekry.

“Was dit nie vir die hulp van ons bure en soveel mense wat kom help het nie, sou die skade soveel groter gewees het. Ons is baie dank aan hulle verskuldig,” sê Adam.

Daar word ’n dringende beroep vir enige hulp aan die gesin gedoen.

Hulle kan by 073 667 6716 gebel word.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters