3 maande gelede
Victim trek neus op vir foon
POEP RINGTONES: ’n Vrou het geweier om haar selfoon terug te vat.  ~ Foto ter illustrasie

GEORGE. – ’n Vrou het geweier om haar gesteelde selfoon terug te vat nadat die dief dit in sy hol versteek het.

Nosipho Xwelana (32) het Saterdag naby Thembalethu Township in George huis toe gestap toe ’n man haar op ’n brug beroof het.

Hy het probeer weghardloop, maar inwoners wat die rooftog gesien het, het hom gevang. Die 22-jarige tikkop is dik gedonner en die selfoon is in sy hol gekry. Sy wou toe nie die foon terughê nie.

Xwelana sê hy het haar met ’n mes gedreig en toe beroof.

“Ek het die inwoners wat hom gevang het net gevra vir die simkaart. Ek wil nie die vuil foon hê nie.

“Onthou, jou agterwêreld is ’n baie sensitiewe area. Hy het gestink toe hy naby my kom tydens die roof.

“Ek kan my maar net indink hoe my foon agter ingedruk is. Nee sies, ek wil dit nie terughê nie.”

Algemeen

Mzwabantu Vinjwa, ’n gemeenskapsleier in die gebied, sê dis algemeen dat mense op dié brug beroof word.

“Ons het die foon in die man se bum gekry. Die vrou wat beroof is, was nie baie happy daarmee nie.”

Vinjwa sê mans en vroue wat van die werk af kom, word daar beroof.

Kapt. Dumile Gwavu, ’n woordvoerder van die Thembalethu-polisie, het inwoners vroeër gevra om voorvalle van roof op dié brug aan te meld.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters