Verlede maand
Vermeende grypdief val hom in sy maai
HOOG: Die vermeende dief het oor dié krans getuimel toe hy glo met ’n antie se handsak wou vlug.  ~ Keith Meyer

’N VERMEENDE grypdief het hom hier oor ’n krans van nagenoeg 25 m moer toe geval­.

Die valler werk by ’n bejaarde tannie in die dorp en het die einste tannie se beursie en handsak na bewering gegryp en toe gat gevat.

Jakob Willemse, buurtwag-baas, vertel: “Die polisie was gou op die toneel. Toe sit hulle die jong agterna.

“Hy vlug toe in die rigting van die stasie en die winery.

“Toe die polisie hom amper vang, gryp hulle na wind, want toe stort hy by die krans af.

“Hy’t behoorlik geskreeu toe hy uitvind daar is nie meer grond onder sy voete nie.”

Die eienaar van die perseel waar die verdagte te lande gekom het, het bevestig hy het by die krans van 90° afgestort en langs ’n spekboom te lande gekom.

Bevestig

Die valler is toe glo met gebreekte bene en veelvuldige kopbeserings na die George-hospitaal geneem.

Hy is later na ’n Kaapse hospitaal oorgeplaas.

Katriena Blignault, ’n vriendin van die verdagte, het die hele voorval bevestig.

“Ons weet nie wat hom besiel het nie.

“Ons het van die hospitaal verneem hy sal iemand nodig hê om na hom te kyk as hy uit die hospitaal kom. Sy kop is ook nie meer so lekker nie.”

Sers. Chris Spies, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters