11 dae gelede
Vermeende dwelmbaas vas
'n Vermeende dwelmbaas is die naweek naby George in hegtenis geneem.  ~ 

’N VERMEENDE dwelmbaas is oor die naweek in Pacaltsdorp naby George in hegtenis geneem.

Die 38-jarige verdagte is in die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie, asook die besit van dagga gevind.

News24 berig die inhegtenisneming is tydens misdaadvoorkomingspatrollies hierdie naweek gemaak nadat die polisie ’n tip-off gekry het oor ’n motor wat voor ’n huis staan wat bekend is vir die verkoop van dwelms.

Die polisie het die blou Audi S3 strategies benader en het die verdagte in die motor gevind.

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder sê ’n ongelisensieerde vuurwapen met ses rondtes ammunisie en ’n sak met 55 gram dagga is in die motor gevind.

“Die vuurwapen, ammunisie en dagga is gekonfiskeer en as bewyse ingedien,” voeg Pojie by. -News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters