8 dae gelede
Verlof vir ’n hoë wat glo teister
Adv. Thys Giliomee  ~ Foto Verskaf

MOSSELBAAI se munisipale bestuurder is op spesiale verlof geplaas en ’n saak van seksuele teistering word teen hom ondersoek. Die munisipaliteit sê in ’n verklaring dat ’n ondersoek teen adv. Thys Giliomee ingebring is ingevolge die dissiplinêre regulasies vir se­nior bestuurders.

Die ondersoekverslag is op 3 Junie op ’n spesiale raadsvergadering deur die uitvoerende burgemeester ter tafel gelê en is deur die volle raad aanvaar.

Die raad het besluit dat, ingevolge die ondersoekverslag, ’n eerste geval van ernstige wangedrag, te wete seksuele teistering, vasgestel is. Tugstappe is teen die munisipale bestuurder ingestel weens die beweerde ernstige wangedrag.

Norm

Die raad is ook voornemens om die munisipale bestuurder te skors. Die munisipale bestuurder het sewe dae om die raad skriftelik te oortuig waarom hy nie geskors behoort te word nie. Die tugverhoor moet binne drie maande ’n aanvang neem en die voorsittende beampte sal die raad skriftelik in kennis stel van die bevinding en sanksie.

Colin Puren, uitvoerende bestuurder, sê: “Gemeenskapsveiligheid sal as munisipale bestuurder optree hangende die uitslag van die dissiplinêre aangeleentheid.”

Dick Naidoo, direkteur van infrastruktuurdienste, sal as munisipale bestuurder ageer.

“Die Mosselbaai-munisipaliteit verseker die gemeenskap van toegewyde, uitnemende dienslewering en sal steeds, soos wat die norm is, die beste dienste volgens uitstekende standaarde lewer.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters