2 maande gelede
Verkragter kry 12 jaar tronkstraf
 ~ 

’N RAPIST van Dysselsdorp is laas week in die Oudtshoorn-streekhof tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Die 24-jarige verkragter se slagoffer (ook 24) was aan hom bekend.

Ruwayne Herman het onskuldig gepleit en aangevoer dat die vrou hom toestemming gegee het.

Herman het die klaagster die betrokke aand gedwing om saam met hom te stap nadat sy ’n vriendin huis toe geneem het en op pad na haar eie huis was. Hy het haar egter agter ’n huis teen ’n muur vasgedruk, haar mond toegedruk en gewurg om stil te bly.

Hulpkrete

Sy het haar met al haar krag teëgesit, maar hy het daarin geslaag om haar te verkrag.

Niemand het op haar hulp­krete gereageer nie.

Nadat hy haar op die grond neergegooi het en ’n tweede keer wou verkrag, het sy hom weggetrap en daarin geslaag om weg te kom.

Die klaagster is ’n ma van twee dogtertjies. Sy is nou bang vir mans en kry steeds nagmerries oor die voorval.

Daniel Boks, die streeklanddros, het Herman se weergawe as vals en leuen­agtig bevind en het by vonnisoplegging gesê dat Herman se daad bloot wreed en selfsugtig was.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters