2 maande gelede
‘Verfdief’ potblou
Foto ter illustrasie.Foto: André Damons  ~ 

OUDTSHOORN. – ’n Vermeende dief het erg aan sy kwas gekry toe hy met sy eie gesteelde verf toegetakel is.

Die 19-jarige man is daarvan beskuldig dat hy die verf by ’n huis in Rosebank gesteel het. Hy het toe die 5F-blik verf aan ’n inwoner verkoop.

Die koper, wat net sy naam as Gregory gegee het, sê die man het met die verf by sy huis aangekom.

Gregory het dit toe vir R60 gekoop.

Skollie

Volgens Gregory was die verkoper se storie dat hy die verf by ’n winkel aangeskaf het, maar dit nie meer wou gebruik nie.

Gregory sê hy kon nie raai die verf is gesteel nie, want die man het nie soos ’n skollie gelyk nie.

Maar toe steek ’n spul moerige mense met die verkoper en ál by Gregory se huis uit en demand die verf terug.

Die moerige mob het die ou potblou geslaan en boonop die matching blou verf oor hom uit­gegooi dat hy soos Braveheart lyk.

Ingebreek

Gelukkig vir die dief het ’n verbygaande polisiepatrollie gesien hy loop ’n bloutjie. Hulle het hom kom red.

’n Lid van die eenheid het gesê mense hier rand gereeld skollies aan.

“Laas week is ’n 21-jarige ook gedonner nadat hy daarvan beskuldig is dat hy by in ’n huis ingebreek het,” sê die cop.

Hy sê die SAPD raak al bekommerd oor dié tendens en vra dat mense liewer misdaad by die polisie aanmeld.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters