4 maande gelede
Verbod help ma voggies los
OP WATERKAR: Angelina Titus sê die drankverbod het haar gehelp om die drankduiwel ’n kaart te skiet.  ~ Mpumi Kiva

GEORGE. – As daar iemand is wat bly was oor die drankverbod, dan is dit Angelina Titus (46) van Park­dene.

Titus, ’n enkelma van ’n 16-jarige tweeling, sê die verbod wat dié week weer opgehef is, het haar in staat gestel om finally die drankduiwel te oorwin.

Gesonde

Titus sê sy sien nou uit na ’n voorspoedige 2021 sonder ’n druppel drank in haar lyf.

Sy het verlede jaar haar werk weens die Covid-19-pandemie verloor en sê ná 19 jaar van diep in die drankbottel kyk, sien sy nou uit na ’n nugter leefstyl en om ’n gesonde verhouding met haar kinders te bou.

As dit nie vir lockdown vlak 3 se drankverbod was nie, sou sy dit nie reggekry het nie, glo Titus.

Sy sê: “Ek wil vir die regering dankie sê vir daai verbod, want danksy­ dit het ek geen ander hulp nodig gehad om op te hou drink nie.

“Deur by die huis te bly, was daar geen begeerte by my om te drink nie.”

Titus sê dit het ook baie gehelp dat sy nie kon afford om die smokkies se peperduur drank te koop nie.

“Ek is nou skoon en vasbeslote om sonder drank te bly.

“Ek hoop dat daar ander is wat dit ook kon doen, want dit het my lewe verander.”

Titus se wens is nou om weer ’n job te kry.

Haar buurvrou Magdelene Meintjies (42) sê Titus het heavy begin drink nadat sy haar werk verloor het.

“Sy was voorheen ’n supervisor by haar werk en was eers net ’n casual drinker.

Lewe

“Maar selfs al het sy heavy begin drink, het sy nog na haar kinders omgesien.

“Ten spyte daarvan dat sy steeds nie ’n werk het nie, het sy haar lewe verander,” vertel Meintjies.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters