4 maande gelede
Uitvreters lag lekker
LIPLEK-LEKKER: Drank kan jou deesdae ’n plaas se geld uit die sak jaag.  ~ Kim Meyer

DIE prys van smokkeldrank skiet by die dag die hoogte in namate die drank ál skaarser begin word en die drinkers ál dorser.

’n Onnie het by Son gekla: “Dis nou sommer k*k dié. Dis uitbuiting in die ergste graad dat die blerrie drank se pryse nou so opskiet.

“Om tussen R60 en R80 vir ’n bier te betaal? Ons gaan die smokkies boikot as die drankplekke weer oopmaak. Só kan ’n mens nie ingeloop word nie.”

Maar ’n smokkelbaas hou dik: “Take it or leave it. Daar is net te veel dors kele daar buite.

Bank

“Ons moet nou skep terwyl dit pap reën. En wanneer daai nat grond deurslaan, soos oorle’ Tolla ge-vertel het, dan koop hulle maar weer alte lekker.

“Ek staan sterk allie pad bank toe.”

Merts word nou uitgeskel as “kaalvreters” en “AllPay-vreters”.

Die nuutste pryslys wat onder Son se neus gevryf is, lyk soos volg: Whisky R600, brandewyn R400, 1 liter soetwyn R180, 5 liter bokswyn R500, 3 liter bokswyn R350, en bottels rooi- en witwyn R100.

Selfs stookwyn wat mense uit aartappels en perskes stook, kos al tot R350 per bottel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters