Verlede maand
Uitspraak oor ‘rape’ kom dán
Uitspraak in Morne Dana se verkragtingsaak is uitgestel.  ~ Foto: verskaf / ter illustrasie

DIE saak teen ’n man wat in die Oudtshoorn-streekhof teregstaan vir die beweerde verkragting van ’n 13-jarige meisie is ná sy vrou se getuienis vir uitspraak uitgestel.

Morné Dana van Vlakteplaas buite De Rust ontken skuld.

Sy vrou sê die kind en haar ouers het nié van 2013 tot 2015 verskeie kere by hulle oorgeslaap nie, soos wat die klaagster en haar ma getuig het.

Die staatsaanklaer, Elaine Plaatjies, het dit aan Dana se vrou gestel dat sy haar man met drie weergawes probeer beskerm.

Vreemd

Dana se regsverteenwoordiger, Vaughn Shone, vra vir sy vryspraak omdat die staat volgens hom nie sy saak bo redelike twyfel bewys het nie.

Volgens die klaagster het sy saam met ander kinders geslaap en dis vir Shone vreemd dat g’n van dié kinders se getuienis voor die hof gebring is nie. Die meisie se getuienis verskil ook van haar verklaring aan die polisie.

Streeklanddros Daniel Boks het uitspraak tot 20 Julie voorbehou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters