Verlede maand
Twee mense dood toe vragmotors in donker bots
GRUSAAM: Die ongelukstoneel waar twee vragmotors mekaar Dinsdagaand op die N1-snelweg naby Leeu-Gamka getref het.  ~ FOTO VERSKAF

TWEE mense is Dinsdagaand dood in ’n botsing tussen twee vragmotors op die N1-snelweg.

Die ongeluk het tussen Leeu-Gamka en Beaufort-Wes gebeur.

Volgens Jandré Bakker, woordvoerder van die Wes-Kaapse vervoerdepartement, het die ongeluk omstreeks 20:00 gebeur.

Die pad was teen gister­oggend nog gedeeltelik gesluit vir opruimingswerk.

Bakker bevestig: “Twee mense is in die ongeluk dood; een in elke voertuig.

Omgeslaan

“Een van die betrokke swaarmotorvoertuie is ’n voertuig-vervoertrok.”

Dié groot ongeluk kom kort ná nog ’n ongeluk by die Hexrivier-kruising, waar ’n bakkie omgeslaan het nadat die drywer beheer verloor het.

Son het gister berig die bakkie was op pad om plaaswerkers na hul werkplek te neem toe die ongeluk gebeur het.

Verskeie passasiers het op die toneel mediese behandeling gekry voordat hulle na ’n nabygeleë hospitaal geneem is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters