Verlede maand
Twee kry 7 jaar vir ruwe roof
Twee ouens is tjoekie toe gestuur vir roof.  ~ Foto: verskaf / ter illustrasie

OUDTSHOORN. – Twee van drie mans wat van roof met verswarende omstandighede aangekla is, is in die streekhof skuldig bevind en tronkstraf opgelê. Die derde ou is ontslaan.

Justin Booysen (24), Brandon Mooi (24) en An­thony Harmse (26) is daarvan aangekla dat hulle op 14 Augustus 2017 in Bo­ngolethu die buitelandse eienaar van ’n spazawinkel met ’n panga en mes gedreig, en hom geskop en geslaan het.

Hulle het hom van R730 se sigarette, twee selfone ter waarde van R2 200 en R1 900 kontant beroof.

Aanhouding

Booysen en Mooi is skuldig bevind.

Adv. Michelle Weyers, die staatsaanklaer, het die hof vir ’n minimum vonnis van 15 jaar gevra omdat albei vorige veroordelings op hul rekords het.

Streeklanddros Neels Nortjé het vir sy vonnisoplegging in ag geneem dat die beskuldigdes reeds vir byna drie jaar in aanhouding is. Hy’t elk tot sewe jaar tronkstraf gevonnis.

Hulle is ook onbevoeg verklaar om vuurwapens te besit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters