3 maande gelede
Twee kla cops gee houe
EINA: Simson Dabulamanzi beweer die polisie het hom aangerand.  ~ Keith Meyer

LEEU-GAMKA. – Die K9-eenheid van die polisie se byt is taamlik kwaai.

Só sê ’n ontevrede Pieter van Wyk, ’n gemeenskapsaktivis, nadat beamptes glo onlangs twee gemeenskapslede aangerand het.

Die een, Josie Majiet, beweer: “Die houe het op my gereën soos die K9-eenheid van Laingsburg my geslaan het. Die blou merke is die getuienis. Hulle het hulle nie eens geïdentifiseer nie. En sonder ’n lasbrief het hulle my plek kom skud.”

Dokter

Majiet beweer die cops het hom voor die bors geslaan.

Nog ’n inwoner, Simson Dabulamanzi van Kiewietstraat, moes dokter toe nadat die K9 glo met hom klaar was. Volgens hom het die cops ook nie ’n deursoek-lasbrief gewys nie. Hy sê daar is ook niks onwettigs in sy plek gekry nie.

Van Wyk kla: “Dis tyd dat daar opgetree word teen polisiemanne wat hul magte oorskry. Aanranding van lede van die publiek is ernstig en ons eis ’n ondersoek.

“Die gemeenskap sal dit nie duld nie.”

Hy sê hy gaan die stasiebevelvoerder hieroor spreek.

Ondersoek

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê: “Na aanleiding van die beweringe is ’n saak van aanranding geopen.

“Die saak is na Opod verwys vir verdere ondersoek.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters