10 dae gelede
Twee dood, talle beseer toe bus rol
A bus overturned on the N1 near Laingsburg
Die bus het op die N1 naby Laingsburg gerol.  ~ Twitter / @TrafficSA

TWEE kinders is dood en talle ander beseer toe 'n bus Dinsdagoggend op die N1 tussen Laingsburg en Matjiesfontein gerol het.

Deanna Bessick van Metro EMS sê met hulle aankoms op die toneel, was 'n vrou onder die bus vasgekeer en drie kinders, wat ernstige beserings opgedoen het, is na die Laingsburg Hospitaal geneem.

"Ongelukkig het twee van die kinders in die hospitaal gesterf," sê Bessick.

Luidens berigte was 60 mense aanvanklik in die busongeluk beseer. Altesaam 17 ambulanse was op die toneel om te help.

Volgens Bessick was daar later nog 'n noodlottige ongeluk op dieselfde pad.

"'n Motor het gerol en twee vroue het noodlottige beserings opgedoen. Een vrou en twee kinders het ligte beserings opgedoen. Die pasiënte wat oorleef het, is na die Worcester-hospitaal geneem." - EWN


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters