Verlede maand
Tronk-terroris is haar ever end
Terror: ’n Vroutjie kla oor haar eks agter tralies. FOTO TER ILLUSTRASIE  ~ 

HAAR lewe was hel.

Toe skei sy. Maar selfs al sit haar eks-man nou tussen vier hoeke, maak hy seker haar hel gaan voort.

Só vertel ’n erg getraumatiseerde vrou met die skuilnaam Bet. Haar regte naam word weerhou ter wille van haar kinders.

Bet (45) vertel openhartig: “Ek doen dit ook vir ander vroue wat dalk uit die tronk gepla word.

“Hy stuur lelike boodskappe vir my uit die tronk. Hy dreig dat hy my gaan doodmaak of mense kry om my seer te maak.

“Die ergste is dat hy my uit die tronk kontak met ’n selfoon. Waar kry hy ’n selfoon? En waar kry hy my nommer?

“Die eerste boodskap het ek een aand ná 20:00 gekry.”

Volgens Bet het haar eks ’n paar jaar ge­lede 18 jaar tronkstraf gekry vir verkragting.

Bet het drie meisiekinders en sy wil hulle nie aan hierdie situasie blootstel nie.

Die paartjie het eers in ’n plakkerskamp gewoon.

“Toe het hy my gereeld aangerand en ons goed verkoop. Ek het hom toe die skeipapiere laat kry deur my prokureur. Niks in hierdie huis is syne nie.”

Bet het haar tot korrektiewe dienste gewend om die terrorisering van agter tronkmure te probeer keer.

“Ek het hulle die selfoonnommer gegee, asook die dag en tyd toe hy die eerste keer per selfoon met my kontak gemaak het. Daar is belowe dat hulle dit gaan stop.

“Hulle sal ook enige korrektiewe toesig vir hom teenstaan.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters