MOSSELBAAI. – Die verkeer is Woensdag tot stilstand geruk nadat ’n vragmotor op die R328-pad omgeslaan het.
Die voorval het naby Brandwag gebeur en plaaslike noodreddingswerkers het hulle na die ongelukstoneel gehaas.
Cops en verkeersbeamptes op die toneel het gesê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
Geswenk
Motoriste moes van alternatiewe roetes gebruik maak terwyl die owerhede gespook het om die lorrie uit die sloot te kry.
Die vragmotor was onderweg om goedere te gaan aflewer toe die drywer skerp geswenk en in die sloot beland het.
Die lorriebestuurder is op die toneel vir ligte beserings behandel.