Verlede maand
Tokkie hier vir girls en ook ’n bier
hierso: Sommige inwoners sweer ’n tokkie pla snags hier in die Lane. Foto: KEITH MEYER  ~ 

“DIE bleddie ding is seker ook al dors, want hy bly dan tussen die leë bierbottels.”

Só kla sommige inwoners van die Lane in Bergsig, Calitzdorp, wat nou al raadop is met ’n lastige “tokkie” wat homself ’n nice time gee.

Georgina Filander kla: “Die dingetjie hop van dak tot dak hier in 6de Laan. Hy skiet ‘hopsie ball’ op die dakke.

“Nou die aand toe sit hy in die boom en loer by die huis se venster in.

“Die kinders is al bang as dit nag raak.”

Volgens ant Sienna het sy ook die ding gesien: “Die ding is agter die vroumense en die bierbottels aan.

“Hy is so harerig, nagswart en het sulke punt-oortjies.”

Sy vervolg ernstig: “Man, ek sweer daai tokkie is ook al dors.

Verpes

“Lyk my die ding is ’n bierkop. Daar is nie ’n druppel om daai swart bekkie nat te maak nie.

“Nou pes hy liewer die inwoners en hy is lief vir ‘hopsie ball’ speel.

“Dis enige tyd van ná middernag tot diep in die nag,” het nog ’n gefrustreerde man gekla.

Ander inwoners wou glad nie oor die “dingetjie” praat wat hul mede-inwoners hoog en laag sweer hulle snags sien nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters