Verlede maand
Tokkie het vroue op hol
UITSOEKERIG: Zoar se vroue kla oor ’n tokkelos met ’n neus vir hul fyngoedjies.  ~ Keith Meyer

ZOAR. – Die panty-lus van ’n “tokkie” wat hier rondkerjakker, hang behoorlik uit.

Die vroue vertel van die “klein, harige, spulse dingetjie” wat nie hul panties kan weerstaan nie.

Sweetness (skuilnaam) vertel: “Dit het so gekom: Ek het agtergekom as ek my panties ophang, dan is dit die next dag behoorlik geruk en pluk. Mens kan mos sien aan die way wat jy dit ophang.”

’n Ander dame, Koekie (ook skuilnaam), gaan verder: “ Ek het ook begin sien dat die panties in my laai nie so opgevou is soos ek dit opvou as ek dit wegsit nie.

Skuifelgeluid

“Eers het ek gedink dis een van die kinders in die huis wat dalk daar krap. Maar een aand het ek my moer toe geskrik.

“Ek het ’n skuifelgeluid gehoor soos wat die laai van my laaikas oopgaan. Toe loer ek so deur my ooghare en sien die klein mannetjie.

“En weet jy wat maak hy toe met een van my G-strings? Hy staan wragtag met die G-string voor sy neus, so asof hy daaraan gaan ruik!

“Ek was eers stom, maar van kwaadgeid. Toe vloek ek hom. Toe hol hy deur die venster wat half-oop was.”

Die vroue beweer die ou laiks ook van high-cut panties.

“Want dis net dié tipe panties waarmee gepeuter word.

“Dan lyk dit swart en rooi is sy favourites.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters