2 maande gelede
Tjips, dié driver is kwaai!
'n Taxi driver het 'n ou uit sy taxi gegooi. foto ter illustrasie  ~ Fin24/Duncan Alfreds

GEORGE. – ’n Plaaswerker is uit ’n taxi gesmyt oor hy ’n pakkie chips geëet het.

Jeremiah Schoeman (52) het onlangs tussen Knysna en George ewe rustig sy chips uitgehaal en oopgemaak.

Die driver het gestop en gesê hy moet uitklim.

Hy is langs die pad in die reën gelos.

Schoeman sê die probleme het begin nadat hulle al 5 km ver gery het.

Hy het ná werk die taxi gevat en nadat hy beveel is om uit te klim, moes hy verder hike.

“Die driver wou niks hoor nie en het net gesê daar is ’n bord wat sê ’n mens mag nie in sy taxi eet nie.

“Hy het my verkleineer en ek dink dis ’n ernstige oortreding.”

Schoeman het gesmeek dat die driver hom nie aflaai nie, maar dié het hom min gesteur.

“Ander passasiers het hom ook gevra om my nie af te laai nie.”

Die taxi behoort aan Justine­ Collins.

Volgens Collins het hulle nie enige klagtes van ’n passasier gekry nie.

“Ons moedig passasiers aan om enige klagtes in te bring en die driver uit te wys.”

Des Fillies, nog ’n commuter­, het gekla dat ’n driver nie wou toelaat dat ’n vrou haar baba in die taxi borsvoed nie. Mense sê daar is passasiers wat dalk diabetes of ander siektes het wat om gesondheidsredes op sekere tye moet eet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters