17 dae gelede
Tien keelvol vroue karnuffel dief goed
AFGESTOF: Elizabeth Barkhuizen vertel hoe hulle die dief uitgesort het.  ~ Keith Meyer

CALITZDORP. – ’n Dief het sy Moses in vrouegedaante hier teëgekom toe hy ’n ordentlike meidepak gekry het.

Sowat 10 anties en klimeidjies het besluit só kan die manlike dief nie lieg, bedrieg en steel nie en hom toe sommer gepak.

Elizabeth Barkhuizen vertel: “Die jong bly aan steel. Hy kom kastig by mense visit. Dan gooi hy sy spieële (oë) rond en kyk wat hy kan aas.

“Maar toe hy nou die dag hier sy k*k kom try, toe besluit ons vroumense ons gaan hom ’n les leer. En hoe beter as met ’n meidepak?”

Toe hy Kelly Baadjies se laptop en iemand anders se music box gesteel het, was dit die laaste petrol op die anties se vuur wat die vlam hoog laat skroei het.

Krappe

Die gemeenskap was in die wolke toe die fight aan was.

Onder luide gille van “Moer hom! Moer hom!” het die 10 vrouskappe die dief behoorlik met klappe en krappe gemerk.

Petronella Wagenaar was trots op haar kamerade.

“Ons kan nie meer wag vir die polisie nie.

“Hulle is só min en teen die tyd dat hulle op die toneel kom, is die dief weer witweg.

“Die gemeenskap is gatvol vir inbrake en daarom gaan ons elke dief van nou af self ’n les leer,” het sy gedreig.

Die dief is nou weg en daar word vermoed dat hy iewers op ’n plaas sy wonde lek.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters