9 dae gelede
Tekort aan mediese werkers pla
COVID-19 virus (SARS-CoV-2) tests based on swabs f
Die Garden Route-distrik is bekommerd oor 'n te kort aan gesondheidswerkers.  ~ Argief

DIE Garden Route-distrik is bekommerd dat hulle met 'n tekort aan verpleegpersoneel gaan sit om na Covid-19-pasiënte om te sien.

Gerhard Otto, hoof van die Garden Route se rampbestuur, sê hulle het genoeg beddens vir pasiënte, maar dat baie van hul gesondheidswekers siek geword het en is nou in afsondering.

"Ons kyk nou na die beste en vinnigste manier om personeel op te lei en aan boord te kry.”

Otto sê hulle oorweeg ook nou om weer die Médecins Sans Frontières (MSF) se vrywillige werkers van Kuba te herontplooi.

Hy sê ekstra personeel kan ook aangestel word en pasiënte kan na hospitale in die metro oorgeplaas word.

Oor die laaste twee weke het voorvalle gestyg tot meer as 60%.

Die distrik se infeksiekoers is nou meeer as die Kaapse metropool.

Teen Woesndag was daar 129 sterftes in die distrik aangemeld. – George Herald

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters