17 dae gelede
Suur druiwe ná appelswaaiery by smokkie
Brown ice cold beer bottles with water drops and o
'n Smokkie-baas is kafgedraf nadat hy een van sy klante aangerand het.  ~ Foto ter illustrasie: iStock

MOSSELBAAI. – Die eienaar van ’n smokkie het self ’n pak slae gekry nadat hy na bewering ’n ou aangerand het wat ’n bierbottel gebreek het.

Die voorval het Maandag plaasgevind by ’n smokkie in die Endlovini-plakkerskamp.

Mbuyiselo Kolose het erge kop - en lyfbeserings opgedoen nadat hy met vuiste en bierbottels bygedam is. Kolose se kolossale pyn het gevolg nadat hy na bewering een van sy customers bloedbek geslaan en sy wind uitgeskop het.

Hy het toe glo omgedraai en op die res van sy customers gevloek en geskel en gedreig om hulle ook af te ransel.

Maar toe word Kolose kafgedraf; die customers het hom byna soos een man aangeval.

Andy Mlamleli sê hy het rustig in die smokkie afgekoel toe die commotion uitbreek.

Mlamleli vertel oor Kolose: “Sy gedrag het almal kwaadgemaak.

Voete

“Almal het rustig gesit en drink toe Kolose ’n scene opsit. Die mense het hom toe met die bierbottels aangeval.”

’n Smokkieganger (32) wat anoniem wou bly, sê hy sit sy voete nooit weer by Kolose se spot nie.

“Niemand verdien om só behandel te word soos wat hy ons getreat het nie.

“Ons is customers wat sy besigheid ondersteun.

“Ons verdien nie die k*k wat hy ons gee nie,” sê die cus­tomer vies.

Kolose, wat nog onder pyn is, wou nie veel oor die voorval uitpak nie.

Al wat hy bereid was om te sê, is dat diegene wat hom kafgedraf het nie meer welkom is by sy plek nie.

Die Mosselbaaise polisie sê enige iemand wat in ’n residensiële gebied sonder ’n geldige lisensie ’n sjebeen bedryf, maak hom aan ’n strafbare misdryf skuldig.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters