3 maande gelede
Stiefpa in hof weens mesmoord
mammaloos: Julene Jafta en klein Senobia Saayman.FOTO VERSKAF  ~ 

CALTIZDORP. – Klein Senobia Saayman van Bergsig moet die lewe nou sonder haar anker aandurf.

Die tweejarige Senobia se mammie, Sonja Saayman (20), is laas week begrawe nadat sy weens ’n lelike meswond gesterf het.

Sonja se stiefpa, Conrad “Rooikop” Windvogel, loop hof vir haar dood. Die dorp is verslae, want hy word nie as ’n gewelddadige ou bestempel nie.

Fredricka Jafta, Senobia se ouma, is gebroke: “Arme Senobia. Sy is nog so klein. Sonja was die beste ma wat ek geken het. Senobia was haar alles.”

Geërf

’n Ingeligte sê Windvogel het gedink Sonja is ’n inbreker. Julene Jafta, Senobia se antie, sê: “Ons sal hierdie kind beskerm en haar alles gee wat ons kan. Sy is so onskuldig en het alles van haar lieflike mammie se karakter geërf.”

Kapt. Malcolm Pojie sê: “Die beskuldige is gearresteer en het reeds in die plaaslike landdroshof verskyn op ’n klag van moord.

“Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die beskuldigde die slagoffer met ’n mes in haar nek gesteek het, waarna sy later beswyk het.”

Windvogel sal weer vandag in die hof verskyn. Hy bly in aanhouding.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters