3 maande gelede
Stap vir goeie doel
rustig: Meer as 300 stappers het laas jaar aan die Binah Big Walk deelgeneem.FOTO Verskaf  ~ 

DIE jaarlikse Binah Big Walk in die Garden Route- botaniese tuin in George vind eersdaags plaas.

Binah is ’n organisasie sonder winsbejag (NGO).

En aangesien April Nasionale Outismebewustheidsmaand is, is die walk deel van Binah se bewus­makingsveldtog.

Outisme Suid-Afrika (OSA) se tema vanjaar is “Embrace Neurodiversity”.

Binah bevorder groter begrip en aanvaarding in die samelewing vir kinders met spesiale behoeftes.

Verlede jaar het meer as 300 stappers aan die walk deelgeneem.

Die organiseerders hoop dat selfs meer stappers vanjaar sal deelneem, veral diegene met outistiese kinders, sodat hulle hul ervaringe met mekaar kan deel.

Afslag

Besighede op die Tuinroete en nasionaal bied die bewusmakingsveldtog baie goeie ondersteuning.

Citadel Wealth Management en Pick n Pay nasionaal, byvoorbeeld, is nou betrokke daarby en Geronimo Spur bied die aand afslag op sekere geregte.

Elke stapper wat die walk voltooi, sal ’n medalje kry. Geskenke en geskenkbewyse kan ook gewen word.

So, inwoners van George en besoekers daar, kom onder­steun dié pretloop wat vir ’n goeie doel is.

Dié gewilde walk vind Sondag plaas. Dit begin 16:00. Die inskrywingsgeld is R50 per persoon en R20 per kind onder 12.

Om te registreer, besoek entryrush.co.za/event/ 2019-big-walk-by-binah.

Bel Mariza van Deventer by 083 270 6382 of e-pos binahnpo@gmail.com vir meer inligting.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters