Verlede maand
Sonder ID sukkel mammie en kleuters
’N STRYD: Nathoma Williams en haar twee kleuters, Jenicka en Leonathan.  ~ Keith Meyer

LADISMITH. – Vir jare sukkel Nathoma Williams nou al om haar ID by binnelandse sake te kry.

Nou suffer haar twee kleuters ook, want sy kan nie aansoek doen vir die brood­nodige Sassa-kindertoelae nie.

Williams vertel: “My ouma het my by my ma kom haal toe ek maar ses maande oud was. My ouma Elizabeth Appels het my grootgemaak en ingeskryf by Laerskool Towerkop met my kliniekkaart. Daarvolgens is my geboortedatum 26 Oktober 1998.”

Katriena Mentoor, by wie Williams nou woon, voeg by: “Ek en Nathoma was self by binnelandse sake in Oudtshoorn. Twee keer. By die polisie en welsyn ook.

“Ons het al probeer om met die skool se dokumente aansoek te doen vir ’n ID, maar hulle verlang nou haar ma se ID-nommer, want dit lyk asof haar geboorte nooit opgegee is nie. Nou sukkel sy met haar twee kinders se geboorte­papiere ook.”

Volgens Williams is haar ma se naam Maria Williams en haar laaste bekende adres was Wilgerlaan 28, Clanwil­liam.

Lesers wat die mammie wil help met die opspoor van haar ma, kan haar gerus bel of whatsapp by 078 005 0923.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters