Verlede maand
Soldaat vas oor 'transitorooftog'
Aangekeer
’n Lid van die weermag gearresteer oor hy na bewering laas week by ’n transitorooftog in Oudtshoorn betrokke was.  ~ Verskaf

DIE Valke het ’n lid van die weermag gearresteer oor hy na bewering laas week by ’n transitorooftog in Oudtshoorn betrokke was.

Die Valke se woordvoerder, Zinzi Hani, het gesê dat dié 36-jarige kaptein wat in die nasionale weermag is Vrydag in hegtenis geneem is. Hy is die vierde verdagte wat gearresteer is nadat die ander drie kort ná die voorval voorgekeer is.

Sekuriteitswagte van die Fidelity Cash Solutions is op 19 Julie by ’n vulstasie beroof.

“Minute ná die rooftog het ’n span van die Valke ’n Nissan Sentra voorgekeer en drie insittendes gearresteer.

“Die voertuig is deursoek en ’n gesteelde vuurwapen van die sekuriteitswagte, ’n verseëlde geldsak met die gesteelde geld en ’n tweede vuurwapen waarvan die reeksnommer afgevyl is, is gekonfiskeer.”

Hani sê daar is ook op ’n volle uniform van die Suid-Afrikaanse Weermag beslag gelê. Verdere ondersoek in die rooftog het gelei tot die ontdekking van ’n Toyota Tazz wat in die rooftog gebruik is. Dié kar met vervalste nommerplate is in ’n garage naby die militêre basis gekry.

Die verdagte verskyn môre in die Oudtshoorn-hof op aanklagte van roof met verswarende omstandighede. - SABC News 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters