Verlede maand
Soldaat maak eerste hofverskyning
gavel
’n Lid van die weermag het in die hof verskyn oor sy betrokkenheid by ’n transitorooftog in Oudtshoorn.  ~ 

’N LID van die weermag wat verlede week in Oudtshoorn gearresteer is vir sy betrokkenheid by ’n transitorooftog, het Maandag sy eerste hofverskyning gemaak. 

Die 35-jarige kapt. Sakhele Nkabi loop hof saam met drie medebeskuldigdes, Lwandiso Lento, Masixole Dolomba en Simphiwe Matwa.

Die vier is verlede week deur die Valke aangekeer nadat hulle sekuriteitswagte van die Fidelity Cash Solutions op 19 Julie by ’n vulstasie beroof het.

Die Valke het drie verdagtes kort na die rooftog gearresteer en die soldaat is die laaste een wat in hegtenis geneem is nadat die verdagtes se kar deursoek is.

’n Gesteelde vuurwapen van die sekuriteitswagte, ’n verseëlde geldsak met die gesteelde geld en ’n tweede vuurwapen waarvan die reeksnommer afgevyl is, is in die kar gevind.

Nkabi is gearresteer toe die Valke op ’n volle uniform van die Suid-Afrikaanse Weermag beslag gelê het met sy diensmedalje aan die baadjie vasgepen wat sy naam bevat. 

Met verdere ondersoek is ’n kar met vervalste nommerplate ook nie ver van die militêre basis gekry. Die verdagtes verskyn op aanklagte van roof met verswarende omstandighede.

Hulle sal in aanhouding bly tot hul volgende hofverskyning wanneer hulle formeel om borgtog sal aansoek doen. - Algoa FM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters