Verlede maand
Snaar kla polisie ry hom met ’n vên raak
Duike: Die vangwa is beskadig. FOTO VERSKAF  ~ 

DRIE ouens van Ladismith bewe nou nog as hulle dink aan hul nare experience met twee plaaslike cops.

Virgil van der Berg, Shaun Gysman en Henry Buys beweer hulle was byna bokveld toe nadat cops hulle wou search.

Gysman vertel: “Ons was op pad om Virgil huis toe te gaan wegbring.

“Naby die club, toe pyl ’n vangwa op ons af. As ons nie uit die pad gespring het nie, was dit nag vir ons.

“Een cop wat al in die nuus was, het my getail. Toe tel hy wragtig van die halwe bakstene op en begin ons gooi! Hy’t ook sy pepper spray uitgeruk,” beweer Gysman.

Volgens Buys is daar ook gun getrek en op hulle gerig met die woorde: “Skiet die ma se p**st*.”

Stamp

Van der Berg sê: “Ek het ook weggehol, want daai man was soos ’n mal ding. In die proses het my phone uitgeval.

“Toe ek omdraai om dit op te tel, toe gooi hy my ook met halwe bakstene wat daar gelê het. Dis toe dat hy my met die van teen die draad vasdruk en die van stamp.

“Hoekom is ons nie gearresteer nie maar liewer soos kat en muis gejaag? Ek kon doodgery gewees het!” sê Van der Berg moerig.

Hy het later ’n saak aanhangig gemaak.

Ndindi Cola, Opod se direkteur van kommunikasie, het bevestig die saak word ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters