24 dae gelede
Smous se lyk vol gate ruk klein dorpie
GRU-ONTDEKKING: Dis in dié omgewing dat die lyk gevind is. Foto: KEITH MEYER  ~ 

ZOAR. – Die rustigheid van dié dorpie is skielik wreed versteur deur ’n moord Saterdagnag.

Die lyk van Jakob “Japie” Adams (57) is gevind op die straathoek naby die ou taverne in Sandkraal.

Geen verdagte is tot dusver aangekeer nie.

’n Bron vertel: “Die liggaam het verskeie steekwonde gehad. Dit was klein gaatjies. Verder lyk dit asof die liggaam daar gedump is en eers elders gesteek is.

“Die mense is ongelukkig omdat Japie niemand skade aangedoen het nie. Hulle sal nie rus voordat die skuldige of skuldiges aangekeer word nie.”

Adams was ’n bekende groentesmous wat in Ladismith besigheid gedoen het.

Skerp

AO Jannie Cedras, polisiewoordvoerder, het by navraag gesê: “ ’n Moorddossier is geopen nadat die lyk van Jakob Adams gevind is op die hoek van die ou tavern in Sandkraal.

“Die voorval het Saterdagnag gebeur. Na bewering is die persoon met ’n skerp voorwerp gesteek.

“ ’n Nadoodse ondersoek is gedoen om die oorsaak van Adams se dood vas te stel.

“Die slagoffer was van Bruintjieshoogte in Zoar.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters