11 dae gelede
Slae oor waterdiefstal
KOSBAAR: ’n Vermeende waterdief het sy moses teëgekom.  ~ Foto terillustrasie: Netwerk24

GEORGE. – Water kan jou laat pak kry. Vra maar vir ’n 23-jarige man van die Zone 4-plakkerskamp.

Hy is aangerand oor hy na bewering water by ’n nabygeleë Hophuis-projek gaan steel het.

Die slagoffer en sy vriend was Woensdag besig om drie 25l-kanne by twee huise vol te maak toe die bure op hulle toesak.

Moerige inwoners sê hulle sit met watertekorte weens mense van informele nedersettings wat hul water gaps.

Omstandighede

Die inwoners kla hul water word bedags gesteel wanneer die huiseienaars nie tuis is nie.

’n Inwoner, Nozuko Bini, sê hul probleem kom al lank aan en voeg by: “Ons is almal mense en ons verstaan die omstandighede waarin die mense in informele nedersettings moet bly.

“Maar dit is ons wat die waterrekeninge moet betaal.

“Soos ek dinge verstaan, word mense selfs gehuur om water by ons te kom steel.

“Ek gebruik nie baie water bedags nie, want daar is nie mense by die huis nie, maar ek skrik soms wanneer ek my waterrekening kry.”

Kommentaar

Nog ’n inwoner kla dat sy waterrekening die laaste paar maande verdubbel het.

Si­yavuya Dlikilili, die plaaslike raadslid, kon nie dadelik bereik word vir kommentaar nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters