10 dae gelede
’ShackBuilder’ lê nuwe fondasie
KLASKAMER: Quinton Adams (middel) leer nou jonges hoe om shack builders te word.  ~ Keith Meyer

DIE kliniese sielkundige Quinton Adams, wat reeds internasionaal as “Die ShackBuilder” bekend staan, het nou sy selfop­gelegde kruistog na ’n next level gevat.

Adams vertel opgewonde: “Ek lei nou die jeug op om hul eie shack builders te word.

“Die backyard is my classroom en ek het my eie kurrikulum saamgestel. Die manne – dis nou my leerders – is só excited om praktiese skills aan te leer.”

Adams se leerplan word soos volg saamgestel: rekeningkunde – (koste van materiaal en begroting); meetkunde (hoe om te meet); biologie (die reuk, rotte en ventilasie); physical science (bou van dakke); houtwerk (houtrame); metaalwerk (sny van sinkplate); building (teken, sement); projek­bestuur; eksamen (die bou van ’n nuwe shack).

Entoesiasties

“Vir my gaan dit daaroor om mense se menswaardigheid te restore, terug te gee. Want ’n ordentlike woning gee waardigheid en nou met my nuwe projek, werkskepping vir die jeug deur shacks te bou, gee ek ook die jeug werk, want werk gee ’n mens se menswaardigheid terug. Dis nie lekker om óf te bedel óf van ander afhanklik te wees vir geld nie,” vertel Adams.

Die jong manne wat Adams tans oplei, is só entoesiasties en leergierig, dis eintlik aansteeklik.

“Lekker prakties, man! As ons hier in die backyard varsity klaar geswot is, gaan ons saam op die reis om menswaardigheid te herstel.

“Hoe meer ons is, hoe meer mense se menswaardigheid word herstel,” het een afgesak.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters