26 dae gelede
Shack brand ‘oor sokkerbal-skuld’
SKULDLAS: Zuko Xanasi se shack is heeltemal afgebrand.  ~ Mpumi Kiva

GEORGE. – Gemeenskaps­leiers wil hê ’n vroulike loan shark moet ’n local sokker­afrigter se shack herbou.

Die tweevertrekstruktuur in die informele nedersetting JCC Camp is afgebrand.

Die mense beweer dis die vrou se handewerk.

Zuko Xanasi beweer hy en dié skopper het ’n geskil gehad oor skuld van R250 wat hy aangegaan het om vir sy jeugklub ’n sokkerbal te koop.

Xanasi (27) sê hy kon nie die bedrag ten volle betaal nie.

Hy beweer dis toe dat sy hom begin dreig en kwaad geraak het.

Hy vertel hy was in die shack toe dit begin brand het.

Mense het vir hom geskreeu om uit te kom.

Hy’t deur ’n groot bol rook by die deur uitgehardloop.

Die bure het met emmers water die vlamme probeer blus, terwyl ander die agtervenster gebreek het.

’n Vrou (38) is gearresteer op ’n klag van brandstigting.

Xanasi vertel: “Daai vrou het haar geld kom soek en gedreig dat sy die shack gaan afbrand as ek nie teen Saterdag betaal nie.”

Ingesamel

Intussen het die skuld met rente vermeerder tot R560. En toe kom sy glo na sy huis en dreig hom.

Die jeugklub het ’n bietjie geld ingesamel vir die sokkerbal, maar dit was nie genoeg nie. Toe gaan leen hulle maar by die loan shark geld.

Sy het belowe sy sal nie interest charge nie.

Omdat die lockdown in plek is, was dit ook onmoontlik om in die gemeenskap geld in te samel.

’n Buurman het die rook gesien en vir die slapende Xanasi geskree.

Die gemeenskap het nou besluit om hom te help om meer kit vir die kinders te koop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters