2 maande gelede
‘Serial killer’ só sedig in hof
gelowig? Die klagte teen Brian Mudyana en die Bybel­ in sy hande match nie so lekker nie.Foto’s:BASIL DAVIDS  ~ 

SWELLENDAM. – “I am fine and a son of God.”

Dít was die woorde van ’n vermeende serial killer aan Son voordat hy Vrydag in die landdroshof op vyf klagte van moord verskyn het.

Brian Mudyana (32), oorspronklik van Zimbabwe, het ewe ’n Bybel in die hand gehad terwyl cops hom na die beskuldigdebank gestuur het.

In die hof was ’n paar nuuskieriges – onder wie Zimbabwiërs.

Son het vroeër berig Mudyana word aangekla van vyf moorde wat van 2016 tot vanjaar gepleeg is.

Die mees onlangse slag­offer, ’n man van De Doorns, se liggaam is in ’n vlak graf gevind.

’n Ingeligte het gesê drie klagte van moord gaan by die huidige klagstaat gevoeg word.

Die cops ondersoek na verneem word nog die voorvalle.

Verder word beweer nóg ses moorde kan met die beskuldigde verbind word.

Die cops probeer nog deur ondersoekwerk vasstel of dit wel die geval is.

Verwurg

Son se informant wou nie sê presies hoeveel moorde in dié tydperk ter sprake is nie.

Volgens die persoon is dit “ ’n magdom moorde” en die slagoffers is oorwegend vroue.

Die persoon vertel van die vroue is met messe aangeval en doodgesteek, en dit wil voorkom of die ander vroue verwurg is.

In al die gevalle is die vermoordes iewers in ’n vlak graf begrawe.

Mense het die polisie ontbied nadat hulle op die beendere afgekom het.

Vrydag het Mudyana net vlugtig in die landdroshof verskyn.

Hy was netjies geklee en sy hare in ’n fader-styl gesny.

Die man wat van soveel moorde verdink word, was egter glad nie kamera-sku nie.

Mudyana wou selfs die foto’s sien wat van hom geneem is.

Hofgangers het maar net hulle kop geskud terwyl Mudyana ewe vir die kamera ge­pose het.

Mudyana se regsverteenwoordiger het aangedui hy sal by sy volgende verskyning om borgtog aansoek doen.

Die saak word op Maandag 25 Maart hervat. 

KRUISPAD: Cops begelei Brian Mudyana na die beskuldigdebank toe.
gelowig? Die klagte teen Brian Mudyana en die Bybel­ in sy hande match nie so lekker nie.Foto’s:BASIL DAVIDS
heel kalm: Brian Mudyana wou selfs sien hoe die foto’s van hom lyk.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters