18 dae gelede
Senior wil Kroasië toe vir groot tennis
Mik na buiteland: Garnett Wicomb in aksie.Foto: johan coetzer  ~ 

OUDTSHOORN. – Hy sien uit daarna om Suid-Afrika ’n tweede keer in die buiteland op ’n wêreld­tennisbyeenkoms te verteenwoordig.

So sê Garnett Wicomb (76), Oudtshoorn se bekende tennisspeler en koerantman. Dit is aan die vooraand van sy vertrek na Kroasië vir die 38ste ITF Super-Seniors Wêreldspan- en Individuele Kampioenskappe.

Die spantoernooi word van 14 tot 21 September aangebied en die individuele toernooi van 22 tot 29 September.

Wicomb is die nommer 1-speler in die Suid-Afrikaanse +75-span van drie.

Hy is lid van die Wesbank-tennisklub en speel gereeld vir Eden in interprovinsiale toernooie.

Wicomb sê die kampioenskap is taai, maar hy sien uit daarna.

“Danksy my kinders, familie, vriende en die Oudtshoorn-munisipaliteit het ons daarin geslag om die meeste van die koste te dek. Al wat nou oorbly, is geld vir twee weke se hotelkoste.”

  • Mense wat hiermee kan help, kan hom bel by 072 468 6456.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters