11 dae gelede
Selfoonrekords onder loep
moordhuis: Die misdaad het hier plaasgevind.FOTO VERSKAF  ~ 

DIE opspraakwekkende soldaat-moordsaak gaan vandag in die rondgaande hooggeregshof in Oudtshoorn voort met getuienis oor selfoonrekords.

Die verhoor is Donderdag ná die kruisondervraging van ’n sleutelgetuie, Sixabiso Klip, deur regter Nolwazi Boqwana tot vandag verdaag.

Klip moet klaar 15 jaar klippe kap vir sy rol in die moord op die soldaat Preston Titus op 1 Desember 2017.

Klip was Titus se vrou, die ANC-raadslid Magdaleen “Maggie” Titus­, se driver.

Hy het getuig hoe hy die twee vermeende huurmoordenaars – Justice Mooi en ’n ongeïdentifiseerde man wat steeds op vrye voet is – na die Titusse se woning op die weermagbasis in Oudtshoorn en terug vervoer het.

Volgens hom wou Maggie gehad het haar man moet op 30 November 2017 afgehaal word.

Maar dinge het nie so uitgewerk nie, want Preston het toe vriende gehad wat oorgebly het.

Chauffeur

Die spannetjie is toe terug na die woning van Natasha Stuurman om daar te oornag. Stuurman was na bewering saam met nog ’n beskuldigde, Masithembe “MJ” January, by ’n kerkgeleentheid in Beaufort-Wes.

Klip het ook getuig dat hy ná die moord chauffeur gespeel het en die twee vermeende hit men vervoer het na George, waar Maggie vir hulle verblyf gereël het.

Hulle het die moordwapens onderweg na Mosselbaai tussen bosse langs die pad versteek, het hy getuig. Volgens Maggie se lawyer, adv. Mustaque Holland, het sy nooit met Mooi oor ’n beplande moord gepraat nie, maar wel oor politiek nadat sy uitgevind het hy is familie van die vermoorde Chris Hani.

Holland wys ook etlike verskille uit tussen Klip se hofgetuienis en dit wat in sy verklaring aan die polisie staan.

Mooi bly in aanhouding terwyl die twee vroue en January se borgtog verleng is.

Adv. Christénus van der Vijver is die aanklaer in die saak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters