Verlede maand
Sekssaak van o.12's skok dorp in sy kern
Luidens die polisie se verslag is die seuntjie verkrag ook.  ~ Foto ter illustrasie (military.com)

CALITZDORP. – Die dorp is met afgryse vervul nadat die lot van ’n negejarige slagoffer van ’n plaas in die distrik aan die lig gekom het.

Die ontnugtering oor die voorval was by nadere ondersoek nog groter.

Aanvanklik was daar sprake daarvan dat die seuntjie net gemolesteer is, maar luidens die polisie se verslag is daar ook verkragting by die voorval ter sprake.

Gepla

Dit blyk dat die slagoffer en ’n maatjie in ’n oop stuk veld in 1ste Laan, Bergsig, geloop het toe ’n ander groep seuns hulle nader.

Hulle is toe gepla en die negejarige is na bewering gerape.

Sy mammie was baie ontsteld toe sy met haar kind by die plaaslike aanklag­kantoor aankom om ’n saak aanhangig te maak.

Sers. Chris Spies, ’n plaas­like polisiewoordvoerder, het by navraag aan Son gesê: “Die FCS ondersoek ’n klag van verkragting na aanleiding van ’n voorval in 1ste Laan, Bergsig.

“ ’n Voorlopige ondersoek het onthul die negejarige slagoffer en sy vriend was besig om te loop toe drie seuns in die ouderdom van 10 tot 12 jaar hulle nader.

Arrestasie

“Die seuns het hulle gejaag na ’n bebosde gebied naby die oop stuk grond waar die slagoffer verkrag is.

“Die omstandighede rondom die voorval word steeds ondersoek.

“Geen arrestasie is tot dusver gedoen nie.

“Alle betrokke partye is onder 12 jaar en die saak sal na die proefbeampte verwys word vir die assessering van die seuns.”

Intussen klink stemme vir die beskerming van kinders ál harder op.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters