9 dae gelede
Seer les wag op ‘spulse kruiper'
VALSLIK BESKULDIG: Enzo Loff is baie bly sy naam is nou weer skoon en die mense weet dit is nie hy nie.  ~ Keith Meyer

CALITZDORP. – ’n Jong kruip glo snags rond en bespring en bevoel die girlies.

’n Slagoffer met haar seuntjie aan die hand vertel: “Die jong het my een aand bekruip terwyl ek geslaap het. Gelukkig het ek wakker geskrik toe ek voel hoe sy hand by my panty wil inglip.

“Ek het hom ’n moerse hou met die elmboog gegee. Seker gedink hy kan ’n vinnige stukkie kry.

“My hel, man. Ek slaap mos nie so vas nie.”

Strik

Inwoners van 6de Laan was op hul hoede toe “Die Kruiper” een aand weer wou toeslaan.

Enzo Loff, wat verkeerdelik geïdentifiseer is as die vuilgat kruiper, vertel: “Mense het sowaar gedink dis ek. Maar een aand het die vroumense vir hom ’n strik gestel.

“Toe vang hulle hom en hy verloor toe sy kappie-top op die toneel.

Boul

“Nou het ons ’n vermoede wie dit is en die vroumense het belowe hulle gaan sy move­ vir hom afsny as hulle hom vang!”

Ene Miena sê: “Kruip is mos outyds. Waar kom hy nog daaraan? Kan hy dan nie ’n vrou boul en ordentlik vra as sy luste so uithang nie?”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters