3 maande gelede
Santa se kostuum toe eintlik blou
happy! Vader Krismis maak kinderhartjies bly. Foto: KEITH MEYER  ~ 

LADISMITH. – Die manne en vroue in blou is nie net kindervriende nie, hulle speel ook Vader Krismis vir honderde.

Dís die blye boodskap wat talle vrolike kindertjies hier gehoor het tydens die polisie se Kersfeespartytjie in oorleg met die projek Santa Shoebox.

Selfs Vader Krismis het ’n geskenkie van ’n cop in blou gekry!

AO Jannie Cedras sê die jaarlikse projek Santa Shoebox is by die gholf-klubhuis in Ladismith aangebied.

Volgens konst. Sanet Salmon, projekkoördineerder, het die projek dié jaar meer as 200 kinders tussen 8 en 15 jaar oud betrek.

Samaritane

“Die Laerskool Towerkop, Hoeko VGK, W.J. le Roux en Van Wyksdorp was dié jaar betrokke,” sê Salmon.

“Die fokus val op behoeftige kinders. Barmhartige Samaritane vanuit die gemeenskap word gevra om die geskenke voor te berei.

“Die kind se ouderdom bepaal die geskenk, maar daar moet ’n tandeborsel, seep en waslap in alle houers wees. Die kinders maak die geskenke eers by die huis oop.”

Cedras voeg by: “Skole lig konst. Salmon in oor die vordering van die kind. Met hierdie projek word die kind aangeneem, opgevoed en beskerm.

“Die vrywillige donateurs word almal hartlik bedank vir hulle ondersteuning van en bydraes tot hierdie projek.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters