26 dae gelede
Sandstorm dalk rede vir ongeluk
Paramedics in a rescue operation after a car crash
Verskeie mense was beseer in 'n ongeluk buite George.  ~ Foto ter illustrasie: iStock

'N SANDSTORM was vermoedelik die oorsaak van 'n ongeluk waarin verskeie voertuie Donderoggend op die N2 buite George betrokke was. 

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê hul paramedics het saam met ander reddingsdienste om 10:15 by die toneel aangekom en verskeie voertuie langs die pad geparkeer gekry.

Ná hulle die pasiënte ondersoek het, het hulle bevind dat verskeie van hulle ligte tot matige beserings opgedoen het.

Die beseerdes is op die toneel behandel voordat drie van hulle na nabygeleë hospitale geneem is.

Die res het verdere behandeling en vervoer na die hospitaal geweier. - ER24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters