9 dae gelede
Saak teen pastoor oor girls uitgestel
Die pastoor het na bewering twee tienerdogters verkrag.  ~ Foto ter illustrasie

DIE saak teen ’n pastoor van Dysselsdorp wat van die verkragting van twee tienersusters aangekla word, is laas week in die Oudtshoorn-streekshof ná die slotbetoë tot volgende maand uitgestel.

Freddy Jaftha (48) word daarvan aangekla dat hy die seksuele dade in 2017 en 2018 met die 18-jarige tweeling gepleeg het.

Volgens die pastoor het die sussies gereeld, op versoek van hul ma, na hom gekom – net vir bidsessies.

Hy ontken die aanklagte teen hom.

Duidelik

Die staatsaanklaer, adv. Michelle Weyers, het die hof in haar slotbetoë vir ’n skuldigbevinding op ál drie aanklagte gevra omdat Jaftha nie die hof in sy vertroue geneem het nie en sy weergawe van die events gereeld aangepas het.

Dis ook duidelik dat die beskuldigde se vrou haar man met haar getuienis probeer beskerm, het die staatsaanklaer aangevoer.

“Die klaers het geen rede gehad om die beskuldigde valslik te beskuldig nie,” het sy gesê.

Volgens Jaftha se regsverteenwoordiger, adv. Stephen Lourens, is daar egter gebreke in die staat se saak en behoort die beskuldigde die voordeel van die twyfel te kry en vrygespreek te word.

Ongemak

Lourens het betoog dat die bidsessies plaasgevind het terwyl sy vrou altyd net buitekant die kerk voor haar kombuisdeur gesit het en alles kon hoor wat binne-in die kerkgebou aangaan.

Die klaers het nooit by die vrou of by hul ma oor enige ongemak gekla nie.

Voorts het die beskuldigde se vorige regsverteenwoordiger nie sy verweer aan die klaers voorgehou nie en is belangrike feite nie voor die hof nie.

Streeklanddros Daniel Boks hoor die saak aan.

Dit is tot 11 November vir uitspraak uitgestel.

Jaftha se borgtog van R1 000 is tot die nuwe hofdatum verleng.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters