23 dae gelede
Reservaat reik voor winter se koue tref, na kinders uit
BOSBOUERS DUISEND: Die span van bosbou het die kinders se hartjies bly gemaak.Foto: CLIVE PRETORIUS  ~ 

HEIDELBERG. – Die personeel van die Grootvadersbosch-natuurreservaat het vir die vierde agtereenvolgende jaar behoeftige leerders gehelp.

Dié Samaritane, almal permanente en tydelike werkers onder leiding van Ian en Rose Allen (die bestuurder en sy vrou), het dié keer uitgereik na 36 behoeftige leerders van die Laerskool De Waalville.

Hulle het vir die kinders skoolskoene geskenk om die winter draagliker te maak.

By die oorhandiging het Rose­ gesê: “Niks in die lewe is gewaarborg nie. Of liewer: Amper niks in die lewe is gewaarborg nie.”

Volgens Rose het hulle die laaste tyd heelwat kollegas verloor. Tog hou hulle hul belofte aan leerders. Hulle het onder meer skoene, kouse, hemde, skoenpolitoer, borsels en skryfbehoeftes gegee.

In Ian se kort toespraak het hy sy kollegas hartlik bedank dat hulle vir hulle medemens omgee.

Bakhand

Hy het ook aan die leerders en hulle ouers gesê hoewel dit belangrik is om te gee, moet mense nie begin dink hulle kan altyd bakhand staan nie.

Shalmay Meyers, ’n onderwyseres, het benadruk die leerders moet hulle skoene oppas sodat dit langer hou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters