Verlede maand
Rapist kry 2 leeftye mangstraf
Verkragter gestraf.  ~ Foto ter illustrasie

CALITZDORP. – ’n Man van Bergsig is Woensdag in die Oudtshoorn-streekhof twee lewenslange vonnisse opgelê vir die verkragting van ’n 15-jarige meisie.

Derick Conradie (42) is daaraan skuldig bevind dat hy op 24 April en 1 Mei 2020 seks met die tienermeisie gehad het wat hom “Boeta” genoem het.

Conradie se regsverteenwoordiger, Cindy Murray-Smith, het die hof versoek om af te wyk van die voorgeskrewe minimum vonnis omdat “die beskuldigde reeds langer as ’n jaar in aanhouding was en die meisie geen ernstige beserings opgedoen het nie”.

Elaine Plaatjies, staatsaanklaer, het egter nie saamgestem nie en die hof vir lewenslange gevangenisstraf vir albei klagte gevra.

Streeklanddros Daniel Boks het gesê die tydperk van aanhouding kan nie as wesenlik of dwingend beskou­ word nie.

Vreesloos

“Die hof moet ’n vonnis oplê wat die wrewel en weersin van die gemeenskap weerspieël,” het hy gesê.

Die meisie is volgens ’n slagofferimpakverslag erg getraumatiseer en voel vernederd. Sy het Boeta vertrou.

Conradie toon ook geen berou­ nie en het tot die einde nie omgegee om te kyk waar daar ’n uitweg vir hom is nie.

“Verkragting is hoogs skendend. Dis ’n dierlike skending van iemand se regte en aantasting van ’n vrou se mees private reg,” het die landdros gesê.

Die hof het ook ’n bevel gemaak dat sy naam in die nasionale register vir seksoortreders ingeskryf moet word.

Smith het die hof ná vonnisoplegging ingelig haar kliënt is van voorneme om teen sy skuldigbevinding en vonnis te appelleer­.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters