2 maande gelede
Rape-dok kry 8 j.
appèlAansoek onsuksesvol: Adv. Benito Metembo sê dr. Danzil King, sy kliënt, het net sy werk gedoen. Foto: garnett wicomb  ~ 

’N DOKTER van die Paarl wat in 2016 sy gemeenskapsjaar by die infanterieskool in Oudtshoorn gedoen het, is vir ag jaar tronk toe gepos vir rape.

Die 37-jarige Danzil King is vroeër in die Oudtshoorn-streekhof aan verkragting met sy vingers en twee klagte van seksuele aanranding skuldig bevind.

Streeklanddros Daniel Boks het met vonnisoplegging gesê King het sy vertrouensposisie as mediese dokter misbruik en hom aan ernstige misdrywe skuldig gemaak.

Die voorvalle het in April 2016 in die siekeboeg van die infanterieskool plaasgevind toe twee 21-jarige vroue-rekrute die dokter vir onderskeidelik ’n liesbesering en ’n oor-infeksie besoek het.

Hy het hulle in albei gevalle gevra om te ontklee om sy ondersoek te doen.

Die staatsaanklaer in die saak, Nadia le Roux, het versoek dat die minimum vonnis van 10 jaar vir verkragting opgelê word.

“King het op ’n slinkse manier te werk gegaan en het sy vertrouensposisie misbruik,” het Le Roux gesê.

“Verkragting bly verkragting en die beskuldigde kan nie anders behandel word omdat hy ’n dokter is nie.

“Dit sal nie die regte boodskap uitstuur nie. Hy ontken steeds skuld, toon geen berou nie en die moontlikheid bestaan dat hy dit weer sal doen,” het sy gesê.

Volgens haar is beide vroue nog jonk en is nou bang vir mans.

King se law­yer, adv. Benito Metembo, het aangevoer King het net sy werk gedoen.

Hy het ter versagting van vonnis voorgehou dit gaan tans nie goed met King se huwelik nie en ’n egskeiding staar hom in die gesig.

Sy kontrak by die infanterieskool, waar hy R57 000 per maand verdien het, is beëindig en hy is tans afhanklik van sy ouers se pensioene.

Metembo het die hof gevra om te kyk na ’n opgeskorte vonnis of korrektiewe toesig.

Die landdros het met vonnisoplegging gesê dit is kommerwekkend dat King die eerste klaagster op 8 April 2016 haar klere laat uittrek, haar vagina gevryf en dit 10 dae later met haar opvolgbesoek herhaal het.

Sy het geweier, maar hy het voortgegaan deur haar panty eenkant toe te skuif.

Die tweede klaagster het getuig sy kon nie kon glo wat met haar gebeur het nie.

Die hof het afgewyk van die voorgeskrewe minimum vonnis van 10 jaar en het King tot 8 jaar gevonnis vir verkragting en drie jaar vir elke klag van seksuele aanranding.

Die vonnisse sal gelyk­lopend uitgedien word.

’n Aansoek deur King om teen sy skuldigbevinding en vonnis te appelleer, is van die hand gewys.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters