Verlede jaar
Raadslid is in tjoekie ná moord
Victor MolosiFoto verskaf  ~ 

’N COUNCILLOR van Knysna moet vandag in die hof verduidelik oor sy beweerde betrokkenheid by die moord op ’n kollega.

Die polisie het die 58-jarige onafhanklike councillor Dinsdag gearresteer.

Victor Molosi (50) van die ANC is onlangs voor sy huis in Concordia, Knysna, doodgeskiet.

Mandla Tyololo (39), ’n tweede verdagte, is vroeër aangekeer op ’n aanklag van sameswering om te vermoor.

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, het gister gesê vier verdagtes is Dinsdagaand in Knysna en Kaapstad aangekeer.

Werk

Volgens Pojie het ’n provinsiale taakspan van die polisie ’n deeglike ondersoek gedoen.

Die taakspan bestaan uit die provinsiale eenheid teen georganiseerde misdaad, speurders van die Eden-gebied, speurders van Knysna en polisie-intelligensie van Eden.

Die volgehoue harde werk van die taakspan het vrugte afgewerp en twee verdagtes, wat albei 37 jaar oud is, is in Kaapstad aangekeer.

Die ander twee verdagtes, die raadslid en ’n 42-jarige man, is by hul huise in Knysna aangekeer.

Al vier verskyn vandag in die hof op aanklagte van sameswering om te vermoor en moord. Die ondersoek duur voort.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters