Verlede maand
Pynpille gee vrou 10 jaar tronkstraf
pynpille
Die vrou kon nie redes waarom sy in besit was van 12 000 Stilpane pille nie.  ~ 

DIS ’n bitterpil om te sluk maar ’n vrou gaan vir 10 jaar in die tronk sit en dit oor pille.

Die 42-jarige vrou van Groot-Brakrivier in die Wes-Kaap is tronkstraf gegee omdat sy sonder enige verduideliking in besit was van 12 000 Stilpane pynpille.

Heidi Moolman is Woensdag in die landdroshof op Knysna skuldig bevind aan oortreding van die wet op medisyne-beheer.

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, noem Moolman se skuldigbevinding spruit uit ’n voorval in Junie 2016, toe die motor waarin sy gery het op die N2 naby Knysna afgetrek is.

“Beampte het tydens hul inspeksie 12 000 Stilpane-tablette gevind en geen van die insittendes kon bewyse lewer of ’n geldige rede gee waarom hulle in besit van die medisyne is nie.”

Die drie insittendes van die motor, twee mans en Moolman, is in hegtenis geneem. Die saak teen die twee mans is later teruggetrek en Moolman is aangekla. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters